Briza Publikasies outeur Naas Grové is van kleins af geaard: veldswerwer, naturalis, boomliefhebber en fotograaf. Hy het oor die jare ’n baie sterk band met die natuur opgebou, in besonder met bome. Die majestieuse teenwoordigheid van bome vul ‘n besondere plek in sy menswees, hou hom nederig, dog altyd soekend. Hy is ‘n ewige leergierige student met ‘n intense belangstelling, ‘n onuitblusbare en onversadigde nuuskierigheid na die verborgenheid van die natuur. Hy is ‘n halfmens en die ander helfte is hy boom.
Books by Naas Grové
Click on the titles below to shop online at shop.briza.co.za