Briza Publikasies outeur JJ van Rensburg is ‘n gerekende tuinboukundige met 20 jaar ervaring in die groen bedryf by Garden World, en is veral bekend vir sy radio- en televisieoptredes en bydraes tot die tuinbou-rubrieke van verskeie tydskrifte. In die Groenvingers-insetsel van die immersgewilde program Brêkfis met Derrich Saterdagoggende op RSG gesels JJ tuinsake met Derrich Gardner al vir sewe jaar lank, en beantwoord hy ook luisteraars landswyd se kwelvrae oor tuinprobleme. Baie van die raad en wenke in hierdie boek spruit uit hierdie gewilde radioprogram. Met dié boek deel hy sy passie en bewys hy tuinmaak is nie so moeilik en ingewikkeld nie. Hierdie boek is in samewerking met Tinus Oberholzer geskryf.
Books by JJ van Rensburg
Click on the titles below to shop online at shop.briza
- Grow Your Own
- Kweek dit self
- Elke seisoen is jou beste seisoen – Maak tuin saam met JJ van Rensburg