Evie Erdvark en haar Natuurvriende is ‘n boek vir jong en ouer lesers. Die boek bevat feite oor natuurlewe wat goed nagevors is deur die welbekende Suid-Afrikaanse omgewingskrywer, Dr Lynn Hurry. Elkeen van die 20 stories word aangebied en met opmerkings verryk deur Evie Erdvark, maar vertel deur die werklike natuurlewe. Erdvarke, Aardwolwe, Kameelperde, Neushoringvoëls, Bobbejane, Kaapse Glasogies, Rooibokke, Rooibekrenostervoëls, Buffels, Piet-my-vroue en self Heuningbye vertel hulle eie lewensfeite – wie hulle vriende is en hoe hulle saamwerk om saam te bestaan.
Evie Erdvark en haar Natuurvriende se besonderse aanbieding maak dat lesers voel dat hul die diere van naby in hul natuurlike habitatte leer ken. Die inligting is goed nagevors en die volkleurfoto’s is ook baie leersaam.
Outeur: Lynn Hurry
ISBN: 9781920217983
Omvang: 104 bladsye
Formaat: 280 x 210 mm
Hardeband, volkleur regdeur met pragtige illustrasies en foto’s.
Lees ‘n voorbeeld
Spesiale Kenmerke in Evie Erdvark en haar Natuurvriende
Die boek bevat die volgende 3 seksies wat waarde toevoeg tot die uitgawe:
- Wat beteken die naam? is uniek in ‘n boek van die soort. Lesers sal gefasineer word deur die eenvoudige verduidelikings wat gegee word vir wetenskaplike name vir die diere in die boek.
- Maak jou eie klubwapen van karton sal lesers aanspoor om betrokke te raak by omgewingsbewaring.
- Evie se woordelys verskaf eenvoudige verduidelikings van woorde en terme wat in die boek voorkom.
RELEVANT TOT DIE CAPS LEERPLAN Hierdie boek sluit aan by die leerplan vir beide Grade 4-6 en Graad 7 se sekondere fase deur nuwe informasie oor te dra in ‘n ongewone wyse en sodoende leerders gewis te maak oor natuurbewaringsake.





