Nature Books - South Africa
+27(12) 329-3896
OCTOBER SPECIALS!! Find Out More
NOU BESKIKBAAR!! Blinktand van Bosveldparadys Boek Alleen | Pakket
NOW AVAILABLE!! Medicinal Plants of the World (New revised edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Indigenous Healing Plants
Find Out More
NOW AVAILABLE!! New revised edition published
by Briza Publications.
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Remarkable Trees of South Africa. (Revised edition) Find Out More
NOW AVAILABLE!! Bring nature back to the city Find Out More
NOW AVAILABLE!!
THE NEW GAME RANCHER Compiling editors: Pamela and Peter Oberem Find Out More
Now
Available!!

MAMMAL GUIDE
of Southern Africa
Also in Afrikaans & German

Briza Publications regretfully has to inform you that Jutta von Breitenbach passed away on 11 August 2016.

 

Jutta von Breitenbach was a respectable figure in South African botanical circles.  She was Chief Secretary of the Dendrological Society of South Africa for many years, and has devoted her life to the study and preservation of trees.

 

Briza Publications

 

JUTTA VON BREITENBACH

31 Augustus 1931 – 11 Augustus 2016

 

Jutta Maria Hofrichter is op 31 Augustus 1931 in die stad Beuthen in Silesië gebore as een van twee dogters van 'n Poolse moeder en 'n Duitse vader. 

 

Sy het die tweede wêreldoorlog as jong dogter belewe, en die moeder, met haar twee dogters, moes in 1945 voor die Russiese magte na veiligheid in Berlyn vlug waar sy enkele maande daarna weereens die besetting van Berlyn belewe het.

 

Na die oorlog het sy as Sekretaresse by die Duitse buitelandse diens aangesluit en was in London en later in Ethiopië gestationeer.  In Ethiopië het sy haar toekomstige eggenoot, Fried von Breitenbach, ontmoet.  Fried was in Ethiopië in die hoedanigheid van Bosbou Raadgewer aan die Verenigde Volke se Ekonomiese Kommissie vir Afrika, en het later Direkteur van Bosbou in Ethiopië geword.  Hulle is op 17 Junie 1961 in Ethiopië getroud.

 

In 1963 het die egpaar na Suid-Afrika verhuis, en hulself aanvanklik in George gevestig.  Na sewe jaar in George het hulle na Pretoria verhuis waar hulle 'n tuiste in Magalieskruin geskep het. 

 

In 1979 het Fried die Dendrologiese Stigting opgerig, met Jutta as een van die Trustees.  Kort daarna, in 1980, het die stigting van die Dendrologiese Vereniging plaasgevind met Jutta as Ere-Sekretaris en Tesourier.  Die Vereniging het onder hulle leiding vinnig gegroei tot een van die mees vername natuurbewaringsorganisasies in Suid-Afrika.

 

Op 21 Junie 1995 is Fried ontydig in 'n motorongeluk oorlede, en het Jutta tydelik die werksaamhede van die Dendrologiese Vereniging oorgeneem.  Die egpaar was kinderloos.   

 

Jutta se groot liefde was die inheemse bome van ons land, en sy sal bekend bly as 'n vername bewaringsgesinde,  boomkundige en  'n pionier wat gehelp het om kennis oor, en liefde vir, ons boomskatte onder die publiek te vestig. Sy was ook outeur van 'n aantal artikels en monografieë or bome.

 

Jutta se grootste erflating aan boomliefhebbers is die honderde lyntekeninge van blare, blomme, takkies en boomsilhoette wat menige publikasie oor inheemse bome versier. 

 

Jutta is op 11 Augustus 2016 by haar huis in Magalieskruin oorlede.  Sy was byna 85 jaar oud.

admin | terms | © Briza Publications - All rights reserved