NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Game and Hunt - March 2009

ie akasias, algemeen bekend as doringbome, is waarskynlik die kenmerkendste en mees bekende groep bome in Afrika. Hulle is een van die grootste groep en word gewoonlik met 'n tipiese Afrikalandskap geassosieer. Hierdie omvattende boek, Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika (Field Guide to the Acacias of South Africa), maak dit maklik om akasias te identifiseer en sluit in:

  • 'n Volledige weergawe van al 48 erkende spesies, subspesies en vari?teite van die genus Acacia wat binne die grense van Suid-Afrika voorkom, insluitende vier nuut beskryfde spesies.
  • Afrikaanse en Engelse name en, waar beskikbaar, name in Duits, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Swati, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe.
  • Uitstekende kleurillustrasies van die belangrikste aspekte rakende die identifikasie van hierdie plante.
  • Bondige teks waarin die habitat, algemene voorkoms, hoostam, lote, dorings, blare, bloeiwyse, peule en saad van elke vorm beskryf word.
  • 'n Verspreidingskaart van elke vorm.

Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika is 'n moet vir elkeen met 'n belangstelling in bome of ons natuurerfenis in die algemeen. Dit is ook in Engels beskikbaar.


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa