Nature Books - South Africa
+27(12) 329-3896
AUGUST SPECIALS!! Find Out More
BINNEKORT BESKIKBAAR!! Blinktand van Bosveldparadys Lees Meer
NOW AVAILABLE!! Medicinal Plants of the World (New revised edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Indigenous Healing Plants
Find Out More
NOW AVAILABLE!! New revised edition published
by Briza Publications.
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Remarkable Trees of South Africa. (Revised edition) Find Out More
NOW AVAILABLE!! Bring nature back to the city Find Out More
NOW AVAILABLE!!
THE NEW GAME RANCHER Compiling editors: Pamela and Peter Oberem Find Out More
Now
Available!!

MAMMAL GUIDE
of Southern Africa
Also in Afrikaans & German


10/10 GARDENING SERIES - Boek 3: My tuin soek water
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Overberg Nuus - February / March 2009

Reg Botha, tuinboukundige en skrywer, het in 2008 die eerste van 'n reeks boeke gekendgestel om mense met tuinbouaspirasies te help om hulle "groen vingers" te ontwikkel. 
Die eerste boeke: Kom ons maak nou tuin en Kies plante vir jou tuin, is tydens verlede jaar se gala-aand van die Tuin-van-die-jaar-kompetisie, in Caledon bekendgestel. Volgens Briza Publikasies, uitgewers van die reeks, is die eerste boeke goed ontvang en sal uitgawes vyf en ses spoedig die lig sien. Die skrywer se boek 5 bespreek Voeding vir jou Tuin. "Jong tuiniers moet besef dat daar heelwat voeding in tuingrond is. Die voeding moet aangevul en vir plante toeganklik gemaak word". Hy se grond bepaal die "bestaansreg" van 'n tuin en doen aan die hand dat tuiniers genoegsame kennis oor die samestelling van hul tuingrond opdoen. "Sodoende sal hulle weet wanneer om kompos en organiese en anorganiese voeding toe te dien". 

Die boek skop af met 'n studie oor grond en fokus op die verryking daarvan. Die skrywer se plante is anders as mense en diere deurdat hulle nie kos eet nie. "Plante is meer kompleks en benodig eksterne hulpmiddels om voedsel op te neem. Mikrobus breek voeding af sodat dit vir plante toeganklik is en water help dat voedingstowwe opgeneem word.

Boek 6 stel 'n uitdaging: 0 uit 10 vir die insekte en siektes in die tuin. Die boek fokus op die ekosisteem van 'n tuin en die rol van mikrobus, erdwurms, goggas, insekte, paddas, vlermuise, trapsuutjie en selfs slange. Dit vra die vraag, "waar in die wereld het al die vreemdelinge (in tuine) vandaan gekom?" Die antwoord is, van oral af: uit die lug, met die wind, uit die grond, vanaf eiertjies en vanaf vlinders en motte. 

Vir 'n susksesvolle tuin, meen die skrywer dat die vreemdelinge "behandel" moet word en dat dit met chemiese of biologiese middele kan geskied. Ongeag die aard van die behandeling, moet dit slaag om ongewenste goggas, plante en swamme dood te maak. Die skrywer let vlugtig op die ongemak met gifstowwe van chemiese of biologiese oorsprong. "Uiteindelik", se die skrywer, "is dit belangrik dat ongewenste elemente uitgewis en ander bevorder word. "Dit is belangrik, sodat 'n tuin gemaklik kan bestaan en plesier aan die tuinier kan verskaf".



admin | terms | © Briza Publications - All rights reserved