|
AUTHORS: August Sycholt
ISBN: 978-1-920217-03-7
EXTENT: 160 pages
FORMAT: 240 x 168 mm
Sagteband, meer as 435 volkleur fotos.
(Ook beskikbaar in Engels en Duits)
Hierdie boek is meer as net ’n toergids van Suid-Afrika of die wêreld-in-een-land, soos mense dikwels na Suid-Afrika verwys. Ekogids: Suid-Afrikaanse bestemmings bied vir sowel binnelandse as buitelandse toeriste ’n wye reeks moontlikhede van plekke om te sien en om die eiesoortige skoonheid en gasvryheid wat sinoniem is met Suid-Afrika te ervaar. Hierdie wonderskone land is net so divers soos die mense wat dit bewoon. Hierdie gids stel die toeris bekend aan die kultuur en tradisies van Suid-Afrikaners met hulle vele talente, dit begelei u op ’n toer na die ekostreke van hierdie veelkleurige land, en staan plek-plek ’n oomblik stil om die kollig te laat val op al die vernaamste natuurreservate en parke.
En vir diegene wat hulle adrenalien wil laat opbruis of sommer net iets anders wil ervaar, sal hierdie gids u neem na plekke waar u kan gaan rekspring of paddaspring! Ekotreinritte en restaurante waar tradisionele disse wissel van die eksotiese tot die bisarre is ook op die spyskaart. Wil u weet hoe om u eie leeusafari te reël? Om die beste watergate op te spoor? Om die eindelose “Olifantpad” heelhuids te oorleef? Om ’n besoek aan een van die nasionale parke te beplan en elke minuut van u verblyf daar te geniet?
Die ekoadviseur bevat al die nodige kontakbesonderhede om ’n bespreking te maak, terwyl die leesstof oor die bestemmings toepaslike inligting oor al die areas in Suid-Afrika gee. Daar is ook verskeie reiswenke en interessante brokkies regdeur die boek. Daar is twee volkleur SA kaarte voor en agter in die boek wat die hoofroetes, nege provinsies, bioomstreke asook die riviere, nasionale parke, provinsiale reservate en wêrelderfenis-gebiede duidelik aandui.

|