|
AUTHOR: Pamela Oberem
ISBN: 978-1-875093-79-3
EXTENT: 192 pages
FORMAT: 240 mm x 210 mm
Soft cover (integral binding)
Full colour
200 photographs and diagrams
Ook beskikbaar in Engels
Hierdie geïllustreerde gids is spesifiek gerig op die eienaar van honde en katte in Suid-Afrika en dek al die siektes, parasiete en vergiftigings wat by hierdie diere voorkom, met die klem op hoe om dié toestande te voorkom.
- Die inleidende afdeling dek die biologie, gedrag, hantering, voeding, medikasie en reproduksie van honde en katte.
- Die mees algemene siektetoestande, met inbegrip van aansteeklike en nie-aansteeklike siektes van honde en katte word volledig beskryf. Die oorsaak, belangrikheid, simptome, diagnose, behandeling en voorkoming word bespreek en aan die hand van volkleur foto’s geïllustreer.
- Die belangrikste inwendige en uitwendige parasiete van honde en katte word bespreek en geïllustreer, met inbegrip van hulle lewensiklus, voorkoms en beheer. Produkte wat tans geregistreer is vir die beheer van parasiete word gelys, met riglyne oor hulle voor- en nadele en hoe om hulle te gebruik. Die impak van parasiete op die gesondheid van die eienaar word ook bespreek.
- Die algemene oorsake van vergiftiging by honde en katte word bespreek met die oog op voorkoming, aangesien daar geen teenmiddel beskikbaar is vir die meeste van hierdie gifstowwe nie.
Hierdie is die eerste omvattende veeartsenykundige gids wat spesifiek vir die Suid-Afrikaanse eienaar van kleiner diere geskryf is. Dit bevat meer as 200 volkleur foto’s en diagramme om die diere-eienaar vertroud te maak met die mees algemene toestande van honde en katte in Suid-Afrika.
|